top of page

Man wat kind met vuis slaan, opgespoor

VANDERBIJLPARK - Die man wat na bewering hier op Kersdag ‘n kleuterdogtertjie ten aanskoue van ooggetuies met die vuis geslaan het, is opgespoor. Die man is Dinsdag gesien waar hy glo voor ‘n ysterwarewinkel in Langenhovenstraat, ‘n dogtertjie van ongeveer vyf jaar oud, uit sy Golf gepluk het en met die vuis bygekom het. Toe ‘n ooggetuie nadergaan om hom te stop, het hy in die kar gespring en weggery. Nadat duisende lesers die berigte op Facebook gelees het, is inligting opgevolg waarna die gesin deur die Boere-eenheidgroep op ‘n hoewe in Lamontpark buite Vanderbijlpark opgespoor is. Volgense Vaalweekblad gee Kinderwelsyn en die Polisie aandag aan die voorval, maar ‘n amptelike saak is nog nie aanhangig gemaak nie.

Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
No tags yet.
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black
bottom of page