top of page

TRANSVALIA-LEERLING BEHAAL 6 ONDERSKEIDINGS

  • Editorial team
  • Jan 7, 2018
  • 1 min read

VAALDRIEHOEK - Gauteng bekleë 'n tweede plek onder die land se provinsies wat betref 2017 se matriekuitslae wat gisteraand bekend gemaak is. Die algehele slaagsyfer in Suid-Afrika is 75.1%, ʼn styging van 2.6% vergeleke met verlede jaar. Onder die presteerders is Hoërskool Transvalia se veelsydigste leerder wat ses onderskeidings in 2017 se matriekeksamen behaal het. Shen’o Raath het volgens Netwerk24 onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, geografie, lewenswetenskap, lewensoriëntering en toerisme behaal. Sy is boonop verlede jaar as uitblinker op kultuurgebied en die veelsydigste leerling in haar skool aangewys. Sy was ook nie een dag in haar hele skoolloopbaan afwesig nie, wat volgens haar net genade van Bo was. Volgens die berig beoog Raath om vanjaar aptekerswese op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus te studeer, alhoewel haar ware belangstelling by alternatiewe geneeskunde en homeopatie lê.

- 90.6 FM News

Foto: Netwerk24


 
 
 

Comments


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black

Sponsors & Advertisers

    Like what you read? Donate now and help us provide fresh news and analysis for our readers   

Donate with PayPal

© 2018 by VAALNEWSREAD

bottom of page