top of page

GRU-BOTSING EIS TWEE KLEUTERS

  • Editorial team
  • Jan 11, 2018
  • 1 min read

POTCHEFSTROOM. - Ses mense, waaronder twee kinders van ongeveer drie en vier jaar oud, is hier op (10 Januarie) net voor middernag dood nadat die voertuig waarin hulle gery het met ‘n bakkie reg van voor gebots het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die ongeluk ongeveer 15km buite Potchefstroom op die N12, in die rigting van Johannesburg plaasgevind. Met paramedici se aankoms het hulle beide voertuie in die middel van die pad aangetref.Ses mense is in die een voertuig gevind terwyl daar drie mans in die bakkie was.

Drie mans, ‘n vrou en twee kinders is dood op die toneel verklaar. Een vrou was in ‘n kritieke toestand per helikopter na ‘n hospitaal in Randfontein geneem vir verdere behandeling.Die twee ander mans wat in die bakkie gevind is, het matige beserings opgedoen waarna hulle na Potchefstroom hospitaal geneem is.


 
 
 

Comments


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black

Sponsors & Advertisers

    Like what you read? Donate now and help us provide fresh news and analysis for our readers   

Donate with PayPal

© 2018 by VAALNEWSREAD

bottom of page