top of page

BLANKES WIL STAAK


VAALDRIEHOEK - Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het op 10 Januarie besluit of Sasol se blanke werkers mag staak oor hul uitsluiting uit die maatskappy se nuwe bemagtigingskema.

Die vakbond, Solidariteit voer aan dat blanke werknemers met tot 30 jaar diens, sal vyf keer minder aandele in die Khanyisa-skema kry as ’n swart werknemer wat bv. drie dae lank vir die maatskappy werk. Sasol se verweer is dat hy bloot deelneem aan die transformasie van die ekonomie.

Bestuurshoof van Solidariteit, Dirk Hermann, waarsku dat dié besluit tot onnodige rassespanning gaan lei omdat dit nie erkenning gee aan blanke werknemers se produktiwiteit nie.

Indien daar nie ’n skikking by die KVBA bereik kan word nie, sal dit die eerste keer wees dat die KVBA ’n sertifikaat sal uitreik wat wit werknemers in staat sal stel om wettig te staak uit protes teen rasse-uitsluiting.


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
No tags yet.
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black
bottom of page