top of page

GROEN ID-BOEKIE VERVAL NIE

  • Editorial team
  • Jan 12, 2018
  • 1 min read

VAALDRIEHOEK - 90.6 FM News hier berig dat die direkteur-generaal van die departement van binnelandse sake, Mkuseli Apleni, sê dit is fopnuus dat die groen identiteitsboeke in Suid-Afrika se dae getel is nie.

Na bewering is daar op sosiale media beweer dat die groen identiteitsboekies op 31 Maart verval.

Apleni het 0p 11 Januarie op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê dit is nié die geval nie. Volgens Apleni het dit veroorsaak dat baie mense na kantore van die departement van binnelandse sake gestroom het om aansoek te doen om identiteitskaarte. Dit het onnodige druk op die departement se 411 kantore landwyd geplaas. Apleni het gevra dat mense nie vals gerugte op sosiale media aanstuur nie, want dit laat mense paniekbevange op die departement se kantore toesak om aansoek te doen om slimkaarte.

Hy het die versekering gegee dat die groen ID-boekie ‘n wettige vorm van identifikasie bly.


 
 
 

Comments


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black

Sponsors & Advertisers

    Like what you read? Donate now and help us provide fresh news and analysis for our readers   

Donate with PayPal

© 2018 by VAALNEWSREAD

bottom of page