top of page

TWEEJARIGE STERF TRAGIES

  • Editorial team
  • Jan 12, 2018
  • 1 min read

MEYERTON. - 'n Familie hier is in rou gedompel nadat hul tweejarige dogtertjie tragies sterf.

Skaars 'n paar uur na Willie en Nicole Maré saam met hul dogtertjie Anet en hul huishulp in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal aangekom het, het die tragedie homself afgespeel. Die donkerkop dogtertjie het onverwags in die swembad geval by die vakansieverblyf wat die gesin bespreek het.

Sy is met hul aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Familie en vriende van klein Anet is in rou gedompel oor haar skielike dood.

Anet se begrafnisdiens vind Saterdag by die Meyerton Katolieke Kerk om 11:00 v.m. plaas. Anet was die Maré-egpaar se enigste kind en hulle het Sondag, ‘n dag voor hul reis na Amanzimtoti, haar tweede verjaarsdagpartytjie gehou. Sy het op 4 Januarie twee geword.


 
 
 

Comments


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black

Sponsors & Advertisers

    Like what you read? Donate now and help us provide fresh news and analysis for our readers   

Donate with PayPal

© 2018 by VAALNEWSREAD

bottom of page