top of page

PYPMOORD-VERDAGTE STEEDS IN AANHOUDING


POTCHEFSTROOM. - Die man wat van die moord en aanranding op ‘n bejaarde egpaar in Louwstraat aangekla word, bly hier in aanhouding tot 22 Januarie, wanneer hy om borgtog sal aansoek doen.

Sy prokureurs het die uitstel gevra nadat hulle na bewering inligting ontvang het wat vir die borgaansoek belangrik is.

Die prokureur het aangevoer dat die verdediging tyd nodig het om die inligting te verifieer.

Die verdagte, Pfunzo Netshiongolwe (29), word daarvan aangekla dat hy Boeta (69) en Lily Smit (66) op 1 Desember 2017 in hul huis in Louwstraat herhaaldelik met ’n ysterpyp geslaan het voordat hy met hul dubbelkajuitbakkie gevlug het. Boeta is op die toneel dood. Lily, wat ook ernstige kopbeserings opgedoen het, sterk steeds in die Milpark-hospitaal in Johannesburg aan. Netshiongolwe is kort ná die aanval in die vroeë oggendure in hegtenis geneem, danksy die flink optrede van buurtwaggroepe en sekerheidsmaatskappye in Potchefstroom.

Die nuus oor die aanval op die Smit-egpaar het vinnig op plaaslike veiligheidsgroepe se WhatsApp versprei.Hul gesteelde bakkie is opgemerk nadat dit aan die buitewyke van die stad gerol, op sy bande te lande gekom en die bestuurder toe verder gery het. Die bestuurder van die bakkie was kort daarna weer in ’n botsing betrokke, maar hierdie keer was buurtwaglede en veiligheidsgroepe kort op die verdagte se hakke.

Die polisie het hom kort daarna op die toneel in hegtenis geneem.Hy word aangekla van moord, poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en roekelose of nalatige bestuur.

Foto: Mario van de Wall


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
No tags yet.
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black
bottom of page