top of page

PARYS-MOORDSAAK: TERUGSLAG VIR VERDEDIGING

  • Editorial team
  • Jan 14, 2018
  • 1 min read

PARYS. - Die verdediging in die moordverhoor waarvan Boeta (51) en Loedie (18) beskuldig word toe hulle na bewering deel van 'n groep boere was wat twee plaasaanvallers, Simon Jubeba en Samual Tjixa, vermoor het, kan nou in die knou wees.

Dit volg nadat Loedie Sr. van der Westhuizen (74) verlede week aan 'n hartaanval oorlede is.

Prokureur vir die Van der Westhuizens, Kobus Burger, sou Loedie Sr. as getuie roep. Loedie Sr. was glo 'n sleutelgetuie in die saak wat aan die hof kon verduidelik het oor hoe sy lewe in gevaar gestel was tydens die aanval.

Tussen 40 en 60 boere van omliggende Heilbron en Koppies het in Januarie 2016 gereageer nadat Van der Westhuizen hulp ontbied het.

Verskeie van die mans wat deel van die groep van Tjixa en Jubeba was, is as staatsgetuies geroep.

Van der Westhuizen is na bewering met 'n rewolwer teen die kop gedreig vir R 20 000. Die mans het te voet gevlug.

Die Beeld berig dat die staat tans probeer die vermoede skep dat Tjixa en Jubeba destyds vir werk by Van der Westhuizen aangklop het en dat hulle hom nooit aangerand het of sy lewe enigsins in gevaar gestel het nie.

Die saak word weer op 2 Mei in die hooggeregshof in Parys hervat.


 
 
 

Comentarios


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black

Sponsors & Advertisers

    Like what you read? Donate now and help us provide fresh news and analysis for our readers   

Donate with PayPal

© 2018 by VAALNEWSREAD

bottom of page