top of page

DUISENDE EERSTEJAARS BY NWU AMFITEATER


POTCHEFSTRROM. - Duisende eerstejaarstudente hier het Saterdag (13 Januarie) vergader op die NWU se Potchefstroomkampus vergader. Hierdie studente en hul ouers het die kampus vir die begin van die amptelike Registrasie en Oriëntasieprogram (R&O) besoek. Tydens dié geleentheid het die eerstejaars onder meer hul koshuisouers ontmoet, meer te wete gekom oor die fakulteite waar hul gaan studeer, studentekaarte ontvang en sal in die volgende paar dae verskeie oriëntasiesessies bywoon om hulle meer tuis te laat voel by die universiteit. Saterdag was geen uitsondering en volgens Louis Jacobs, NWU woordvoerder, was ongeveer 5 000 eerstejaars op die kampus verwag. Saam met hul ouers was sowat 15 000 mense op die kampus verwag. “Die NWU, al drie kampusse ingesluit, het sowat 56 000 aansoeke ontvang en kan sowat 9 200 eerstejaars akkommodeer,” het Jacobs gesê. Volgens hom begin registrasie eers einde vandeesmaand, waarna die finale syfers van die aantal eerstejaars wat vanjaar gaan begin studeer, bekend sal wees. In reaksie op die pres. Zuma se aankondiging oor gratis onderrig vir sekere voornemende studente, sowel as uitlatings deur die EFF wat studente aangemoedig het om by universiteite op te daag en aan te dring op registrasie, het Jacobs verseker dat gebeurlikheidsplanne in plek is om die universiteit veilig te hou. “Ons amptelike beleid is dat inloopregistrasies nie toegelaat sal word vir 2018 nie. Soos enige universiteit, is nuwe inname gedoen in lyn met die inskrywingsplan soos ooreengekom met die departement van hoër onderwys,” het Jacobs gesê. Volgens hom sal slegs voornemende studente wat aansoek gedoen, voldoen het aan die toelatingsvereistes en aanvaar is, toegelaat word om vir 2018 te registreer.

Foto: Marianke Saayman


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
No tags yet.
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black
bottom of page