top of page

OVV SE POPPIE TRUTER STERF

  • Editorial team
  • Jan 15, 2018
  • 1 min read

PARYS. - Poppie Truter van die kantoor van die destydse Oranje Vroue Vereniging hier (nou Vrystaat Versorging in Aksie), is Saterdagaand in die ouderdom van 79 jaar vermoedelik aan ’n hartaanval in haar huis in Derdelaan oorlede. Tannie Poppie is in die huis oorlede wat haar man destyds nog self vir hulle in Derdelaan gebou het, en waar sy die afgelope 47-jaar gewoon het. Sy was in haar lewe naas haar sekretariële werk by die OVV, ook baie betrokke by die NG gemeente Parys-Suid waar haar begrafnisdiens waarskynlik ook Vrydag gehou sal word. Tannie Poppie word oorleef deur haar kinders, Herman, Danie en Chrisna, haar kleinkinders Shaun, Wynand en Mienke Truter, Bianca en Crystal-lee Truter en Heike en Dieter Stoppel, asook haar agterkleinkinders Reuvhan Jacobs, Juvandré Jacobs, Avery Truter en Zandre Truter.

Foto: Parys Gazette


 
 
 

Comments


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black

Sponsors & Advertisers

    Like what you read? Donate now and help us provide fresh news and analysis for our readers   

Donate with PayPal

© 2018 by VAALNEWSREAD

bottom of page