SLAGGAT WAARIN VROU BELAND WORD HERSTEL
VEREENIGING. - Die slaggat hier in Edwardstraat- en Marklaan waarin Mev. Esmarie Bosch beland het, word herstel.
Bosch het op (13 Januarie) in die middedorp deur 'n plas water gery toe haar kar onder die water wegraak. 'n Reuse-slaggat was was propvol water en sy het daarin beland.
Op dieselfde dag as die insident, het werkers van die Emfuleni munisipaliteit die water begin uitpomp in voorbereiding vir die herstelwerk.