top of page

VROU DEUR "POLISIEBEAMPTES" GEKAAP


VEREENIGING. - Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê ‘n vrou se motor is verlede week hier gekaap deur drie mans wat hulle voorgedoen het as polisiebeamptes.

Polisiewoordvoerder, Kaptein Fikile Funda, het in ‘n verklaring gesê die vrou het op die R59 in die rigting van Vosloorus gery toe sy deur ‘n wit BMW, met geen polisietekens en ‘n blou lig afgetrek is.

Funda sê al drie insittendes het polisie uniforms aangehad en gevra om haar motor te deursoek. Daarna het hulle storie verander en hulle het ‘n vuurwapen op haar gerig en haar gedwing om na Diepkloof te ry. Daar is sy beveel om by ‘n vulstasie uit haar motor te klim. Die drie verdagtes het met haar motor weggery. Funda het nie aangedui of hierdie drie verdagtes vir die kaping aangekeer is nie, maar hy sê in die Sedibeng omgewing is ongeveer 200 verdagtes vir verskeie misdade soos motorkapings, huisinbrake, rooftogte, moorde en aanranding met die opset om ernstig te beseer aangekeer.


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
No tags yet.
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black
bottom of page