TWEE BESEER TOE BAKKIE ROL
- Editorial team
- Jan 16, 2018
- 1 min read

HEIDELBERG. - Die Suid-Afrikaanse Polisiediens hier het 'n saak van roekelosebestuur aanhangig gemaak.
Dit volg nadat 'n Nissan bakkie met 'n sleepwa wat sakke teer vervoer het, hier gerol het. Die insident het Maandag (15 Januarie) omstreeks vier-uur buite die Caltex-vulstasie op die R23 plaasgevind.
Twee passasiers is beseer en na 'n Vosloorus hospitaal vervoer.
Foto: Heidelberg Heraut
Comments