top of page

"RACIST, RACIST!" SKREEU EFF-LEDE


VEREENIGING. – Lede van die EFF hier het vroegoggend begin saamdrom by Hoërskool Overvaal nadat daar na bewering dreigemente was dat hulle vandag ontwrigting gaan versoorsaak.

Daar is ontevredenheid omdat die skool die saak teen die Gautengse Departement van Onderwys gewen het en nie addisionele 55 leerlinge in te neem nie.

"Dit is ontverantwoordelik vir mense om betogers uit te lok en ook andersom," vertel Afriforum se Ian Cameron.

Na bewering het 'n bakleiery plaasgevind nadat 'n blanke ouer glo 'n nie-blanke ouer wou keer om verby die skool te ry.

EFF-lede het vroeg vanoggend reeds by die skool opgedaag na dié skool die hofsaak teen die Gautenge Departement van Onderwys gewen het.

 

Die Onderwysdepartement van Gauteng se opdrag dat die Hoërskool Overvaal in Vereeniging 55 bykomende Engelse leerlinge moet aanvaar, is Maandagmiddag in die hooggeregshof in Pretoria ter syde gestel, maar nie almal is tevrede met die uitspraak nie en het vanoggend met ‘n protes by die skool begin.

Regter Bill Prinsloo het bevind dat die skool vol is en dat die Engelse buurskole, Phoenix High School en General Smuts High School, genoeg plek vir die leerlinge het en dat die onderwysdepartement se besluit is ongrondwetlik is. Hy het verder aanbeveel dat die distrikshoof van die departement in die skool se gebied, Chriselda Makhubela ondersoek word. “Sy het die skoolhoofde van die Engelse skole geïntimideer om hul beëdigde verklarings (aan die hof) terug te trek.”

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys het gesê hulle sal alles in hul vermoë doen om te sorg dat geregtigheid geskied vir die Engelse leerlinge wat “toegang geweier is by die Hoërskool Overvaal. “Ons sal ’n nierassige skoolomgewing hê. Ons gaan sonder enige huiwering teen hierdie uitspraak appelleer. Ons sal veg tot in die konstitusionele hof.”

Die skoolhoofde van die Engelse skole, Phoenix High School en General Smuts High School, het in beëdigde verklarings gesê daar is genoeg plek in hul skole om die 55 leerlinge te akkommodeer.

Twee dae later het hulle hul verklarings teruggetrek en in handgeskrewe verklarings gesê hulle het ’n fout gemaak.

“Ek vind dit hoogs onwaarskynlik dat twee hoogs gekwalifiseerde steunpilare van die samelewing so ’n fout sal maak onder eed en die statistieke verkeerd kry in hul eie skole,” het Prinsloo gesê.

WhatsApp boodskappe tussen die beheerliggaamvoorsitter en die Hoërskool Overvaal, Hardus Visagie, en ‘n skoolhoof van een van die Engelse skole is in die hof voorgelees waar die skoolhoof van een van die Engelse skole sê hoe hy deur Makhubela ontbied is, hoe bang hy was dat hy sy pensioen kan verloor en daarom eerder gedoen het soos sy vra deur sy oorspronklike beëdigde verklaring terug te trek.

Regter Prinsloo het ook beveel dat geen verdere leerlinge, behalwe die 142 wat reeds aanvaar is, by Hoërskool Overvaal aanvaar mag word nie.

Werner Human, ’n regsverteenwoordiger van die skool, het ná die uitspraak gesê dis jammer dat dit in ’n rassekwessie ontaard, want dit is glad nie wat dit is nie.

Kyk gerus die video: https://mobile.twitter.com/KhayaJames/status/953499671414104064/video/1


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
No tags yet.
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black
bottom of page