top of page

AFRIFORUM SE IAN CAMERON 'N TROTS AFRIKANER

  • Editorial team
  • Jan 21, 2018
  • 2 min read

VAALDRIEHOEK. - "Wat doen AfriForum oor wat by die Hoërskool Overvaal gebeur?” was die vraag aan AfriForum se gemeenskapsveilighiedoffisier, Ian Cameron.

Cameron het op Donderdag (18 Januarie) op sosiale media presies vertel wat hulle as organisasie doen.

"Wel behalwe vir die foto's wat nie verduideliking nodig het nie, kon die skool normaal met aktiwiteite aan die begin van ‘n nuwe jaar voortgaan, hulle kon hulle nuwe Gr.8’s verwelkom en kon daarin slaag om met akedemiese werk af te skop."

Na bewering vir die afgelope 72 uur het spanne van Gauteng, buurtwagte, plaaswagte en baie wat nie deel van AfriForum is nie, gepatrolleer om die skool dag en nag veilig te hou.

"Ek is uit my hart trots op die span hieronder, trots om te werk vir ‘n organisasie wat nie breek nie, maar bou, trots om te werk vir AfriForum, trots om Afrikaans te kan praat terwyl ons kinders wat in Afrikaans wil leer kan beskerm, maar meeste van alles, om ‘n Afrikaner te wees.

Moet nooit dat enige randfiguur jou soos in Nehemia se geval van die ‘muur’ probeer afkry nie. Kritiek en kommentaar gaan daar wees, maar fokus op dit wat ons kan beinvloed, dit, is die bou van ‘n toekoms en nie eenvoudig praat oor een nie.

Ek wil ook net sê dat die polisie die afgelope 2 dae, veral gister, ongelooflik goed en professioneel hanteer het. Trots Afrikaner," vertel Cameron op 'n Facebook-plasing.

Hillel Coetzer ook van AfriForum het op Vrydag (19 Januarie) op Cameron se Facebook-tydlyn ook 'n aanmoedigende boodskap geplaas.

"So trots om vandag deel te kan wees van AfriForum. Dankie aan elkeen se samewerking om die week Hoërskool Overvaal veilig te hou! Na 'n week van laat gaan slaap en 3:00 soggens opstaan, is dit tyd om terug te staan. Alles is tans rustig op die terrein.

Jy vra wat AfriForum gedoen het?

In samewerking met SAPS, privaat buurtwagte, AfriForum buurtwagte, die High Risk Unit en verskeie ander privaat veiligheidsmaatskappye, het ons verseker dat die skool 24 uur per dag beveilig is.

Volgens is Coetzer is meer as 600 leerlinge van die skool hul eerste week van hul skoolloopbane bywoon, en normaal pouse hou.

"Ouers kon elke dag hulle kinders kom aflaai en optel sonder enige probleme. Saal is steeds geopen met lofsang en gebed. Selfs die Graad 8's kon hulle eerste week steeds geniet. Pajamas en al. Ten spyte van die omstandighede was daar steeds 'n positiewe gees onder die kinders. Die skool sal gedurende die naweek steeds 24 uur beveilig word en, indien nodig, volgende week ook.

Indien jy by AfriForum betriokke wil raak, SMS jou naam na 45353.

Foto's: Facebook


 
 
 

ความคิดเห็น


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black

Sponsors & Advertisers

    Like what you read? Donate now and help us provide fresh news and analysis for our readers   

Donate with PayPal

© 2018 by VAALNEWSREAD

bottom of page