top of page

MAN VAS NA HY SAPD OMKOOP

  • Editorial team
  • Jan 23, 2018
  • 1 min read

HEIDELBERG. - Die Suid-Afrikaanse Polisiediens hier het ‘n 39-jarige man vir roekelose- en nalatige bestuur en die bestuur sonder 'n lisensie, asook vir omkopery op 18 Januarie vasgetrek.

Die man is ook glo ‘n onwettige immigrant. Die verdagte het na bewering in Schoemanstraat gery toe Adjudant Offisier Wollie Wolmarans en Sersant Vusumuzi Zondo ‘n Kia bakkie gewaar het wat stoptekens verontagsaam.

Onmiddellik het hulle die bestuurder afgetrek. Hy kon nie ‘n wettige bestuurslisensie toon toe dit gevra word nie.

Die Zimbabwiese man kon ook nie ‘n Suid-Afrikaanse paspoort toon nie. Boonop het hy die polisielede met harde kontant probeer omkoop.

Kolonel Amanda Viljoen, 'n Heidelbergse bevelvoerder, het die lede vir hul optrede geloof.

Die verdagte het op 19 Januarie in Heidelberg Landdroshof verskyn.

Die saak is tot 25 Januarie vir verdere ondersoek uitgestel.


 
 
 

Comments


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black

Sponsors & Advertisers

    Like what you read? Donate now and help us provide fresh news and analysis for our readers   

Donate with PayPal

© 2018 by VAALNEWSREAD

bottom of page