top of page

OVERVAAL: COSATU-OPTOG GOEDGEKEUR

  • Editorial team
  • Jan 24, 2018
  • 1 min read

VEREENIGING. - COSATU en die ANC beplan hier 'n optog môre (25 Januarie) na Hoërskool Overvaal.

Die verkeersafdeling hier beplan nie om paaie geheel en al te sluit nie, maar die linkerkantse baan van Langrandweg sal wel gesluit wees gedurende die optog.

Die optog sal omstreeks 09:00 begin waar lede van die ANC en COSATU vanaf die Washington Post na die skool sal beweeg om ‘n memorandum te oorhandig.

COSATU het 300 beamptes wat sal help om die verkeer te reguleer. Hoewel die verkeersafdeling nie enige probleme verwag nie, word inwoners aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik tussen 09:00 en 12:00.

Foto: Verskaf. Bron: Vaalweekblad.


 
 
 

Comments


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black

Sponsors & Advertisers

    Like what you read? Donate now and help us provide fresh news and analysis for our readers   

Donate with PayPal

© 2018 by VAALNEWSREAD

bottom of page