top of page

HUISHULP OORVAL, VASGEBIND

  • Editorial team
  • Jan 25, 2018
  • 1 min read

VANDERBIJLPARK. - 'n Huishulp is hier vandag (25 Januarie) deur gewapende rowers oorval en vasgebind.

Na bewering het 'n onbekende getal verdagtes in 'n rooi Volkswagen Golf 5 met geen registrasienommerplaat 'n huis in Ramsbottomstraat, SE2, beroof.

Dit volg nadat hulle buite die huis gestop het en die huishulp uitgeroep het. Hulle het die eienaar van die huis se naam geken en genoem dat hy/sy vir hulle gestuur het.

Die huishulp is oorval en vasgebind.

Teen druktyd was dit egter nog onbekend of enige arrestasies gemaak was en of wat gesteel is.

'n Soort gelyke insident het in Koos de la Reystraat, SE 1, plaasgevind.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens vra dat alle inwoners versigtig sal wees.


 
 
 

Comentarios


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black

Sponsors & Advertisers

    Like what you read? Donate now and help us provide fresh news and analysis for our readers   

Donate with PayPal

© 2018 by VAALNEWSREAD

bottom of page