top of page

MAN VASGEBIND, BEROOF

  • Editorial team
  • Jan 25, 2018
  • 1 min read

HEIDELBERG. - ‘n 25-Jarige man is gister (24 Januarie) hier omstreeks 15:50 n.m. in sy kamer in Vosstraat, Rensburg deur twee onbekende mans oorval.

Hy is met ‘n vuurwapen aangehou, waarna sy hande en voete vasgebind is.

Volgens Kaptein Thivhulawi Tshilate, woordvoerder, van Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die rower ‘n skootrekenaar geëis.

Toe dit blyk dat die slagoffer nie oor ‘n rekenaar beskik nie, het hulle ook sy selfoon gevat en daarna gevlug.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens vra dat enigiemand met inligting oor die verdagtes na vore moet kom en die polisiekantoor by 016 341 0361 moet skakel of A/O Frank Mnqosini (Sektor 3 bevelvoerder) by 082 856 0968 skakel.

Foto: Heidelberg Heraut


 
 
 

Comentarios


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black

Sponsors & Advertisers

    Like what you read? Donate now and help us provide fresh news and analysis for our readers   

Donate with PayPal

© 2018 by VAALNEWSREAD

bottom of page