top of page

PARYS-MOORDSAAK: ADVOKAAT STERF, TERUGSLAG VIR VERDEDIGING

  • Editorial team
  • Jan 26, 2018
  • 1 min read

PARYS. - Die dood van die 54-jarige adv. Nico Dreyer wat Vrydagaand (19 Januarie) oorlede is, is ’n groot slag vir die regsspan wat verskyn vir die ses mans wat hier tereg staan op aanklagte van moord ná die dood van Simon Jubeda en Samuel Tjixa op 6 Januarie 2016.

Daar sal nou na bewering indringende besluite geneem moet word oor die pad vorentoe vir die verdediging se regsspan.

Dreyer, ’n baie bekende advokaat van Bloemfontein, het die afgelope paar jaar gesondheidsprobleme ondervind. Hy is deur verskeie van sy vriende en kollegas beskryf as iemand met ’n groot hart, uiters professioneel en een van die mees etiese advokate in die beroep.

Hy het saam met prokureurs Kobus Burger, Hannes Grimbeek en Gideon Mandelstam verskyn namens Boeta van der Westhuizen wat ook onlangs oorlede is, sy seun Loedie en skoonseun Miela Jansen van Vuuren, asook Anton Loggenberg en sy seun Cor en kapt. Henk Prinsloo, wat aangekla is ná die dood van Jubeda en Tjixa.

Dreyer sou dan ook glo deel gewees het van die span wat weer van 2 tot 18 Mei en 4 tot 8 Junie hier in die hooggeregshof sou verskyn het vir die verhoor van die ses mans.

Hy word oorleef deur sy vrou Annalene en twee seuns, Nico en Janco.

Bron en Foto: Parys Gazette


 
 
 

Comments


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black

Sponsors & Advertisers

    Like what you read? Donate now and help us provide fresh news and analysis for our readers   

Donate with PayPal

© 2018 by VAALNEWSREAD

bottom of page