top of page

LOUWSTRAAT-AANVAL: VROU STEEDS IN KOMA


POTCHEFSTROOM. - Die vrou wat twee maande gelede hier tydens ’n huisroof in Louwstraat aangerand is, is steeds in ’n koma in Mediclinic Potchefstroom.

Lily (66) en Boeta Smit (69) is op 1 Desember2017 in hul huis in Louwstraat aangeval.

Boeta het op die toneel aan kopbeserings beswyk. Volgens Lindie van Dyk, die egpaar se dogter, het dokters vir hulle gesê dit blyk dat Lily vir die res van haar lewe in ’n vegetatiewe toestand gaan wees.

“My ma haal self asem, haar hart klop vanself, maar die dokters sê die breinskade is baie erg. Ons soek nou maar na plekke waar sy versorg kan word,” het van gesê.

Die verdagte, Pfunzo Netshiangolwe (29), wat kort na die aanval in hegtenis geneem is, het Donderdag (25 Januarie) weer in die landdroshof verskyn vir 'n borgtogaansoek. Tydens die borgtogaansoek het Netshiangolwe aangedui dat hy niks weet van die voorval nie.

Hy is nie borgtog toegestaan nie.

Die saak is na 26 Februarie in die hooggeregshof uitgestel.

Foto van Mev. Smit: Verskaf

Foto van Netshiangolwe: Mario van de Wall


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
No tags yet.
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black
bottom of page