top of page

'K*KRIVIER' VLOEI VIR 7KM, MOTORISTE VREES VIR VASSIT


FOCHVILLE. - Inwoners hier van die Kokosi-nedersetting is woedend nadat 'n rioollekkasie nog nie herstel is nie.

Die 'k*krivier het nie net in Kokosi gevloei nie, maar tot by Kokosi Uitbreiding Drie uitgemond.

Die kerk naby die Popo Molefe Stadion, Die Tabernacle of Glory Mission Ketedraal was die twee plekke wat die meeste deurgeloop het.

Nog 'n rioolpyp het by huisnommer 3483 gebars. Die lekkasies word by die dag erger.

Teen Maandag (29 Januarie) was die plaaslike kerkgronde onder die water. En dit het nie daar opgedam nie. Die rioolwater het tot in die pad voor die kerk gevloei.

Na bewering is die water so diep dat motoriste vrees om daarin vasgevang te word.

Die k*krivier het aanhou vloei aan beide kante van die pad tot verby Thsanang Kliniek.

Volgens die munisipale woordvoerder werk hulle so gou as moontlik om die probleem op te los. Die oorsaak is glo van 'n blokasie in een van die pype.

Foto: Careltonville Herald


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
No tags yet.
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black
bottom of page