top of page

JONG SANGER STAAN DIE SUKSES-SKOENE VOL


VAALDRIEHOEK. - Jeffrey Robert Smith, 'n aspirante sanger, liedjieskrywer en musikant hier maak reuse opslae. Smith sing al van voor hy kon praat en skryf sy eie liedjies vanaf 'n vier-jarige ouderdom.

"Ek het reeds vroeg geweet wat my talent en passie in die lewe is. Musiek is nie wat ek doen nie, maar wie ek is." Sy eerste album, “As jy ‘n liedjie was,” was deur vriende en familie geïnspireer. Die liedjie gaan oor mense, hul harte en uniekheid. "Die wêreld vereis gereeld van ons om maskers te dra en voor te gee wat ons nie werklik is nie, maar die "As jy 'n liedjie was" inspireer mense om hulself te wees, daarop trots te wees en voluit te leef, sê Smith.

Smith het al by verskeie geleenthede opgetree. Van 'n klein damestee-funksie tot groot verhoë. Hy skryf ook graag vir ander kunstenaars. The Croons gebruik gereeld Smith se oorspronklike liedjies. Hul eerste album se titelsnit “Through it all” was deur Smith geskryf. Hy het ook al saam met London Louw, 'n Toptien Idols 2014-deelnemer, ‘n liedjie geskryf. En skryf selfs vir verskeie opkomende kunstenaars.

Sy liedjie “Dis nou te laat” het ook die semi-finaal (Top 150) gehaal van die Kyknet Afri-visie Skryf ‘n treffer kompetisie. Smith se album bevat 12 snitte. Hy beskryf dit as niks minder as divers nie, want elke liedjie is ‘n ander genre.

"Ek voel die lewe moet nie net in een genre geleef word nie, so waarom ‘n album uitbring wat net op een tipe gevoel konsentreer?"

Sy album beloof om jou op ‘n musikale reis te neem met 'n wye verskeidenheid van liedere dat jy net nie wil ophou luister nie.

Hoogtepunte in Smith se loopbaan tot dusver:

November 2015 – Voorskou vir Theuns Jordaan.April 2016 – Boere in Nood fees saam met bekendes soos Arno Jordaan, Heinz Winckler, Richard van der Westhuizen (Tussen treine), Nicholis Louw, Candy Benson en vele meer.

Mei 2016 – Smith het sy heel eerste musiekvideo vrygestel, getiteld “Through to you” wat geskryf was vir ‘n Dwelm-bewusmaking beweging wat hy gestig het. Smith het na die musiekvideo se bekendstelling besluit om aan sy album te werk wat op 6 Oktober 2017 vrygestel is.

September 2017 – Afrikaans in die wolke – Smith het ‘n voorskou gedoen by Afrikaans in die wolke wat te Hoërskool Noordheuwel gehou was met die volgende kunstenaars op die verhoog:ADAM, Lianie May, Jay, Pieter Koen, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Laurika Rauch, Die Heuwels fantasties en Theuns Jordaan.

Vir besprekings, kontak Smith se bestuurder, Lorilee Marnewick by 082 579 3322.

Sy album, "As jy 'n Liedjie was," kan op die volgende plekke gekoop word:

Dit is ook beskikbaar op Amazon.

Volg Smith op sosialemedia:


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
No tags yet.
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black
bottom of page