top of page

ROWERS SE POGING TOT INBRAAK MISLUK

  • Editorial team
  • Feb 8, 2018
  • 1 min read

VANDERBIJLPARK. - Vyf onbekende mans het vroeër vandag hier 'n mislukte inbraak-poging gehad toe hulle 'n huis in Sammy Marksstraat, SE 2 geteiken het.

Na bewering het dié vyf mans in 'n onbekende rooivoertuig buite die huis gestop en die hek opgelug.

Daarna het hulle die huis se veiligheidshek oopgebreek en die deur oopgeskop.

Die huishulp was besig met haar daaglikse take toe sy 'n lawaai gehoor het. Tydens haar ondersoek het sy die vyf mans opgemerk en om hulp geroep. Dadelik het die mans in hul voertuig geklim en gevlug.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is in kennis gestel en ondersoek tans die saak.

Meer inligting sal volg.


 
 
 

Comments


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black

Sponsors & Advertisers

    Like what you read? Donate now and help us provide fresh news and analysis for our readers   

Donate with PayPal

© 2018 by VAALNEWSREAD

bottom of page