top of page

KAPING EIS DOGTER VAN PARAMEDIKUS


HEIDELBERG. - 'n Paramedikus het Vrydagaand (09 Februarie) binne etlike minute vanaf Nigel herheen gehaas om op 'n skietery in 'n kaping te reageer - min wetend dat haar dogter die slagoffer sou wees.

Elzona Meyer (36) kon nie haar dogter, Abe, se lewe red nie.

Na bewering het 'n kollega vir Abe net na 20:00 by die huis gaan aflaai na 'n gimsessie. Sonder om enigiets te sê het die rowers op haar begin skiet toe sy uit die motor klim.

Elzona, 'n paramedikus van Heidelberg, was die aand besig met 'n sigbaarheidsoperasie in Nigel toe sy die oproep van die kaping kry.

"Iets het vir my gesê ek moet my dogter bel. Ek het oor-en-oor probeer, maar haar selfoon was af. Ek het op die werk se WhatsApp-groep gevra mense moet haar bel, maar hulle kon nie vir Abe in die hande kry nie," het Elzona gesê.

Die Netcare-helikopter is nog voor Elzona se aankoms ontbied. Haar vrywilligers het 'n landingsplek in 'n vakante veld oorkant die huis uitgewys.

Met Elzona se aankoms was paramedici reeds besig om Abe op 'n draagbaar binne in 'n ambulans te probeer stabaliseer.

Sy het geweet dat daar nie 'n goeie uitkoms vir Abe was nie.

"Ek het by haar kop gesit en haar broer, Carter (11) het haar hand vasgehou. Ons het haar pols op beide voete en selfs haar gewrig verloor."

Die 20-jarige Abe se toestand het binne minute verswak.

"Haar saturasie het bly val. Ek het toe geweet ons is besig om haar te verloor," het Elzona bygevoeg.

Elzona kon voel hoe Abe se buik hard word. Sy was in haar milt gewond.

Abe is met die Netcare-helikopter na Alberton se Union-hospitaal vervoer.

Met hulle aankoms was die paramedici nog steeds besig om haar te probeer bybring.

Abe Meyer (20) is om 21:20 dood verklaar.

Die kapers is na bewering met Abe se kollega se rooi Ford Fiesta weg. Die motor is later in die Tsakane-nedersetting in Ekurhuleni gevind.

Foto: Facebook en Heidelberg Heraut


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
No tags yet.
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black
bottom of page