top of page

BOBAAS VETKOEKBAKSTER, SPREUKE-VROU STERF

  • Editorial team
  • Feb 15, 2018
  • 1 min read

PARYS. - Susan (Skat) Burger, ’n bobaas vetkoekbakster wat meer as ’n 1 000 vetkoeke gebak het, en Sy waslappies omgehekel en ruim uitgedeel het, het hier op 6 Februarie oorlede.

Susan se pragtige gehekelde komberse kon getuig van ure se liefdeswerk. ’n Spreuke-vrou.

Met haar besondere sangtalent het sy baie huwelikspaartjies toegesing en in verskeie kore en by ouetehuise opgetree, maar dit was veral haar onselfsugtige en innemende persoonlikheid, haar aansteeklike lag, geloof en voorbeeld van ware liefde en omgee, wat dié wat Susan (Skat) Burger geken het, so baie sal mis.

Haar gedenkdiens is Maandag 12 Februarie vanuit die NG kerk Parys-Wes deur ds. Barry van Wyk gelei.

Susan is op 6 Februarie ná ’n lang siekbed in die ouderdom van 76 jaar oorlede. Sy word oorleef deur haar man Willie met wie sy 57 jaar getroud was, en ses kinders, Schalk, Susan, Kobus, Esme, Pietter, Tammy en al haar kleinkinders.


 
 
 

Comments


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black

Sponsors & Advertisers

    Like what you read? Donate now and help us provide fresh news and analysis for our readers   

Donate with PayPal

© 2018 by VAALNEWSREAD

bottom of page