top of page

INWONER STEEK 'N STOKKIE VOOR DIEFSTAL-POGING


SASOLBURG. - Danksy die oplettendheid en optrede van ‘n inwoner hier is 'n poging tot diefstal gerapporteer.

Die inwoner kon vandag ‘n stuk van die groengras strook langs Pres. Brand Weg red.

'n Inwoner het dit goed gedink om ‘n arbeider aan te stel om die gras uit te grawe sodat dit later deur hom gehaal kan word om vermoedelik in sy tuin geplant te word. Die gras is gelukkig weer terug geplant waar dit uitgehaal is en dus is daar minimale skade aangerig.

"Ons wil graag die oplettende inwoner, Raadslid Jacques Barnard, die brandweer, parke afdeling sowel as die bywette afdeling bedank vir hul vinnige optrede in die verband.

Ons wil graag ook alle inwoners wat iets oplet wat nie pluis is nie, aanmoedig om dit onmiddellik aan die owerhede of ons te rapporteer sodat daar aksie geneem kan word en sodoende daar opgetree kan word teen oortreders om ons omgewing te beskerm," vertel CW Fourie.

Foto's: CW Fourie


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
No tags yet.
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black
bottom of page