ONGELUK WAARIN BEJAARDE STERF: Bakkie bestuurder dalk onskuldig
- Editorial team
- Feb 16, 2018
- 1 min read

VANDERBIJLPARK. – CCTV-beeldmateriaal van die ongeluk hier voor die Isak Steyl Stadion bevestig dat die bestuurder van die bakkie waarskynlik nie skuldig is nie.
Die ongeluk het op Woensdag (14 Februarie) omstreeks 06:00 voor die Isak Steyl Stadion plaasgevind.
In die videobeeldmateriaal kan jy sien dat die 69-jarige dame nie by die stopteken met geen strepe gestop het nie.
Sy het voor die bakkie ingedraai. Die bejaarde dame is op die toneel behandel en later in die hospitaal dood verklaar.
Ure later is strepe by die stopteken aangebring.
In die video kan jy ook duidelik sien hoe die polisie verby die ongelukstoneel verbyu ry en nie hulp verleen nie.
Na bewering het 'n verkeersbeampte in sy privaat voertuig die dame gehelp.
Comments