top of page

Rubriek: Ken jy "Skommelkoue"?


VAALNEWSREAD. - "Ken jy "Skommelkoue"?

Deur Alexander S. Mickel*

Alexander S. Mickel se rubriek word gepubliseer net soos hy dit aan Vaalnewsread gestuur het. Die rubriek is nie geredigeer of teksversorg nie. - Redaksie

Om hierdie staaltjie te vertel, sal ons na my verlede toe moet gaan. Standerd 5. Engelsonderrig. Die onderwyseres vra vir my klasmaat: Wat is die Engelse woord vir kousbroekie? Ons moet maar eers twee Duitse woorde leer: kous = Strumpf, broek = Hose. In dié geval is dit wonderlik, dat jy maklik hierdie twee woorde aanmekaar kan koppel om “kousbroekie” te vorm. Dit werk gelukkig in baie gevalle wanneer ek vir ʼn Duitse woord die Afrikaanse een wil weet. Maar dit werk nie in die geval van Engels nie, maar my klasmaat kon dié maar nie weet nie. En toe die Engelsonderwyseres kom vra het: wat is die Engelse woord vir kousbroekie?, sê hy: socktrouser! Ons het so lekker gelag, inkluis die onderwyseres. Hy het gedink hy kan maklik “sock” en “trouser” aanmekaar sit en klaar. En ek lag sommer weer vir hom!

Julle sal nou dink en wat is dit met daardie “skommelkoue”? Ek wou so slim wees soos my vorige klasmaat en twee woorde aanmekaar sit, want soos ek reeds opgemerk het, werk dit dikwels in die geval van Afrikaans! Ek het na die Afrikaanse woord vir “kouekoors” gesoek. Die Duitse woord vir kouekoors is “Schüttelfrost”. Kom ons skei die woord in “schütteln” en “Frost”. Die woord “Schüttel” bestaan nie (tensy dié met ander woorde saamgetrek word). Ons gebruik die woord dan as ʼn werkwoord en dis “schütteln”. “Frost” is ʼn selfstandige naamwoord en dus word dit in Duits met ʼn hoofletter geskryf. Die Duitse woorde vir “skommel” en “koue” is onderskeidelik “schütteln” en “Frost”. En hierdie slim outeur het gedink hy kan die vertaling van daardie twee woorde aanmekaar koppel om “kouekoors” te kry, maar hy het by “skommelkoue” uitgekom!

Dit het my aan my vorige klasmaat en “socktrouser” laat dink wat my dadelik lekker lag het.

Wat moet ons nou onthou? Twee woorde aanmekaar koppel kan maklik reg wees vir Afrikaans en Duits, maar soms werk dit nie. Toemaar.

* Alexander S. Mickel is in Halle (Saale) gebore; grootgeword op ʼn klein dorpie. Hy het in Halle (Saale) biologie studeer en in dié vak sy eerste graad behaal. Daarna het hy ekstensiewe navorsing gedoen op ʼn swam wat mielies besmet en aan die Martin-Luther-Universiteit Halle-Wittenberg sy doktorsgraad in plantpatologie verwerf.

Tans werk Mickel by ʼn firma op die gebied van kwaliteitsversekering van medisyne.

Foto: Vanessa Ly Pham Fotografie


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
No tags yet.
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black
bottom of page