top of page

MAN (20) VERKRAG GLO MEDE-MANSSTUDENT: SAAK TERUGGETREK


POTCHEFSTROOM. - ’n Mansstudent is Vrydagoggend (16 Februarie) hier na bewering in sy koshuiskamer op die NWU Potchefstroomkampus verkrag.Volgens die polisie het die man in sy kamer geslaap toe ’n ander student, ook ’n inwoner van dieselfde koshuis, sy kamer ingekom het.Volgens ao. Mpho Manyoba, woordvoerder van die Potchefstroom-polisie, het die beweerde verkragting tussen 04:00 en 05:00 plaasgevind. Volgens die slagoffer was die verdagte glo onder die invloed van drank.

“Hy het probeer om die verdagte van hom af te stoot, maar die verdagte was te sterk, sê Manyoba. Louis Jacobs, direkteur korporatiewe kommunikasie van die NWU, het bevestig dat daar wel so ’n saak by die polisie aangemeld is en dat dit ondersoek word.“NWU Beskermingsdienste is ook besig met ’n interne ondersoek en sodra alle verklarings bekom is, sal die aangeleentheid oorhandig word aan ons Studente Dissiplinêre kantoor vir verdere hantering daarvan,” sê Jacobs.Jacobs het Dinsdag aan die Herald gesê dat die verdagte tydelik vanuit die koshuis sowel as van die kampus geskors is.

“Hy mag nie die kampus betree terwyl die voorval ondersoek word nie,” sê Jacobs.Volgens ao. Manyoba het die verdagte (20) op Maandag 19 Februarie in die hof verskyn.Hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat en moet weer op 1 Maart in die hof verskyn.

Die saak is kort na die man se inhegtenisname teruggetrek. Hy was ook tydelik vanuit die koshuis en kampus geskors, maar volgens Louis Jacobs, NWU woordvoerder, is die skorsing opgehef.

Bron: Potchefstroom Herald


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
No tags yet.
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black
bottom of page