top of page

MAN (32) HANG HOMSELF MET ELEKTRIESEKOORD


VANDERBIJLPARK. - Freek Schurman (32) het op 16 Maart hier homself met 'n elektriesekoord gehang.

Na bewering was Schurman 'n ekstrovert met 'n klein hart en daar was geen tekens dat hy enigsins depressief was nie.

"Ons vermoed hy was baie alleen en dit het dalk vir hom net te veel geword,” het sy suster, Rika, gesê."

Na bewering het Schurman die baie gewilde speletjie, Blue Whale, gespeel, maar volgens Rika was daar egter geen spoor van dié speletjie op sy selfoon nie.

"My ma het nog vir Freek vroeër die aand gevra om vir hom ‘n broodjie te maak en dit na sy woonstel vir hom te vat."

Schurman het in die agterplaas van Rika se perseel in 'n woonstel gewoon.

"Ek het omstreeks 21:00 ‘n boodskap vanaf Freek. Daarin het gestaan: “Sien in die hemel. Ek het die boodskap vreemd gevind. Ek het my ma gevra om te gaan kyk of alles reg is. Toe my ma by die woonstel aankom, sien sy dat die kamerlig steeds aan was," vertel Rika verder.

Hulle het gedink Schurman was badkamer toe, maar toe sy ma omkyk, sien sy dat Schurman homself met 'n elektriesekoord opgehang het. Rika is woonstel toe om te help, maar was egter te laat.

Schurman is op 23 Maart te ruste gelê.


Who's Behind Website
Recommended Reading

The Croyez literary Award

Zalman S. Davis

F&Z Arts Academy 

Search By Tags
No tags yet.
Follow VAALNEWSREAD
  • Facebook Basic Black
bottom of page